SWIPE FOR MORE IMAGES
R1,200,000 ZAR
Mookgopong, Limpopo Province
South Africa
South Africa
3 bedrooms
2 baths
Residential For Sale, House
Land size: 6,577 sqft ::
611 m2
Sale price per sqm: 0
Remarks:
NETJIESE 3 SLAAPKAMER, 2 BADKAMER SIERSTEEN HUIS IN GESOGTE AREA TEEN GOEI PRYS!
Hierdie netjiese 3-slaapkamer, 2-badkamer siersteenwoning met hoof-en-suite is geleë in die gesogte Golfpark in Naboomspruit. Die area is bekend vir sy veiligheid en rustige atmosfeer — ’n fantastiese, goed onderhoude eiendom teen ’n baie goeie prys!
Wanneer jy die woning vanaf die motorhuis se kant betree, word jy verwelkom deur ’n ruim kombuis aan die linkerkant, toegerus met pragtige houtkaste en volop pakplek. Die kombuis vloei na ’n besonder ruim oopplan sit- en eetkamer wat oor die volle breedte van die huis strek — ’n ideale ruimte vir gesinslewe en onthaal.
Vanuit die leefarea is die eerste slaapkamer aan die linkerkant geleë. Aangrensend hieraan is die hoofslaapkamer, kompleet met ’n deurloop-ingeboude kasarea wat lei na die en-suite badkamer. Hierdie volledige badkamer beskik oor ’n bad, stort, toilet en wasbak — gerieflik en prakties ingerig.
Aan die oorkant van die oopplan sitkamer is die derde slaapkamer, asook ’n tweede badkamer met bad, wasbak en toilet wat die res van die huis bedien.
Die erf is ruim genoeg om ’n pragtige tuin te ontwikkel en bied genoeg spasie vir jou vierbeen-kinders om vrylik rond te beweeg of speelplek vir die kleingoed. Die eiendom is perfek geleë naby al die belangrike koopsentrums en besighede, wat daaglikse gerief verseker.
Hierdie woning is ideaal vir ’n gesin, of vir ’n ouer paartjie wat wil afskaal maar steeds ruim leefareas en genoeg slaapplek vir familie en kuiergaste verlang.
Daar is ook ekstra water opgaar tenks wat voldoende water verseker. Die dubbelgarage het 'n stewige netjiese afdak beveilig vir die sekerheid dat alle voertuie, waentjies ens. veilig en beskerm is.
’n Uitstekende belegging en ’n goeie koop! Hierdie eiendom gaan nie lank beskikbaar wees nie — moenie wag nie, kontak my vandag om ’n besigtiging te reël!
We use cookies

Features:
- 1 kitchen
- Kitchen
- Kitchen
- Reference Number: BSH-RS00876
- Property Features: Balcony
- Outdoor Space Description: Balcony
- Association/Community Features Description: Pets Allowed
- Number of assigned or reserved parking spaces: 2.0
Location:
Mookgopong, Limpopo Province, South Africa
Listed By Century 21 Bushveld
The Residential For Sale, House located in Mookgopong, Limpopo Province, South Africa is currently for sale. This property is listed for R1,200,000 ZAR. This property has 3 bedrooms, 2 bathrooms. If this property isn't what you're looking for, search Limpopo Real Estate to see other Homes For Sale in Mookgopong.