Homes For Sale: South Africa Limpopo Province Mookgopong Listing #2795446
SWIPE FOR MORE IMAGES

R850,000 ZAR

Mookgopong, Limpopo Province
South Africa
904.2 sqft :: 84 m2
2 bedrooms
2 baths
Residential For Sale, House
Sale price per sqm: 619
Century 21 Bushveld
South Africa
Phone: 014 161 0995

Yes, I would like more information from C21. Please use and/or share my information with a C21 Agent to contact me about my real estate needs.

By clicking Contact Office, I agree a C21 Agent may contact me by phone or text message including by automated means about real estate services, and that I can access real estate services without providing my phone number. I acknowledge that I have read and agree to the Terms of Use and Privacy Policy.

Remarks:

EXCLUSIVE MANDATE - Is jy op soek na stilte, vrede en veiligheid? Hierdie 2-slaapkamer, 2-badkamer grasdakhuisie by die gewilde Die Oog aftree landgoed, is net vir jou!

Hierdie oulike grasdakhuisie bied jou die perfekte kombinasie van gerief, natuur en gemeenskapslewe – ‘n ware juweel geleë in die gewilde Die Oog Aftree-oord. As jy op soek is na rus, afskaal maar nog genoeg ruimte, dan is hierdie eiendom jou volgende tuiste.
Wanneer jy deur die voordeur instap, word jy begroet deur 'n knus sitkamer met die kombuis aan jou linkerkant. Die kombuis is ruim en hier is meer as genoeg kaste en pakplek, ‘n ontbythoekie en plek vir ‘n yskas – graniet blaaie is nog ‘n positiewe byvoeging en genoeg werksruimte vir enige kosliefhebber! Daar is ‘n “counter top” stofie met ‘n oondjie.
Die gastekamer is aan die linkerkant vanuit die kombuis met ingeboude kaste en die gaste badkamer net om die draai. Hierdie badkamer is toegerus met ‘n hoekbad, wasbak, toilet en plek vir ‘n wasmasjien. Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste en ‘n en-suite badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet vir maksimum privaatheid en gerief. Daar is ook ‘n inloopkas in die hoofslaapkamer as ekstra bonus.
Die gesellige privaat tuintjie groet jou wanneer jy deur die glasskuifdeur na buite stap. Hier wag ‘n klein lapa toegemaak met seile wat jy kan laat sak of oprol om altyd die beste te maak van enige weersomstandighede. Die Oord wemel met natuurlewe: apies, bokkies, voëls en nagdiertjies wat gereeld hul verskyning maak. Dis ‘n plek waar jy werklik kan asemhaal en die stilte indrink.

Die huis beskik ook oor een staalafdak, ideaal vir 1 voertuig.

Die Oog bied meer as net ‘n huis – dit bied ‘n lewensstyl. Die oord beskik oor ‘n verswakte sorg-eenheid wat nou nog aangevul en uitgebrei gaan word deur die SAVF wat aangesluit het by Die Oog as ontwikkelaar en ‘n gemeenskap wat leef volgens die leuse: “aktiewe veroudering”. Hier kan jy deelneem aan Pilates, water-aerobics, lyn-dansklasse, jukskei, putt-putt, voëlkykuitstappies, en natuurlik stap in die natuurreservaat op die perseel. Die warmwaterswembad is ‘n gunsteling, en die gemeenskapsgees is iets besonders – ‘n plek waar jy deel voel van iets groter, waar mense omgee en vriendskappe blom.
Dis tyd om jou voete uit te skop en die lewe te geniet. Jou nuwe huis wag op jou – kom beleef dit self!

Disclaimer: Century 21 Bushveld strives to provide accurate and up-to-date information. However, we do not guarantee, either expressly or implicitly, the accuracy, completeness, or usefulness of any information presented, and therefore we disclaim any legal liability, whether direct or indirect, related to the information provided.

Features:

  • 1 kitchen
  • Kitchen
  • Kitchen
  • Reference Number: BSH-RS00799
  • Property Features: Balcony
  • Outdoor Space Description: Balcony

Location:

Mookgopong, Limpopo Province, South Africa
Listed By Century 21 Bushveld

The Residential For Sale, House located in Mookgopong, Limpopo Province, South Africa is currently for sale. This property is listed for R850,000 ZAR. This property has 2 bedrooms, 2 bathrooms and 84 m2. If this property isn't what you're looking for, search Limpopo Real Estate  to see other  Homes For Sale in Mookgopong.

Large Photo