Homes For Sale: South Africa Limpopo Province Mookgopong Listing #2936044
SWIPE FOR MORE IMAGES

R950,000 ZAR

Mookgopong, Limpopo Province
South Africa
904.2 sqft :: 84 m2
2 bedrooms
1 bath
Residential For Sale, House
Sale price per sqm: 691.82
Century 21 Bushveld
South Africa
Phone: 014 161 0995

Yes, I would like more information from C21. Please use and/or share my information with a C21 Agent to contact me about my real estate needs.

By clicking Contact Office, I agree a C21 Agent may contact me by phone or text message including by automated means about real estate services, and that I can access real estate services without providing my phone number. I acknowledge that I have read and agree to the Terms of Use and Privacy Policy.

Remarks:

Smaakvol 2 slaapkamer Opgegradeerde Grasdakhuisie in Die Oog Aftree Langoed – Aktiewe Aftrede in ’n Natuurparadys

Hierdie netjiese grasdakhuisie is met trots en sorg onderhou en bied alles wat jy nodig het vir gemaklike, aktiewe aftrede. Die woning beskik oor 2 slaapkamers, 1 volledige badkamer, ’n netjiese kombuis, en ’n aparte sitkamer wat via ’n skuifdeur oopmaak na ’n pragtige, goedversorgde tuintjie.

Wanneer jy deur die voorhekkie instap, word jy begroet deur ’n kunstige tuinontwerp aan die linkerkant van die paadjie wat jou lei tot by die voordeur. Hier vind jy die lieflike lapa met ingeboude braai, ideaal vir onthaal of rustige kuier. Wanneer jy verder aanstap, stap jy in die res van die beeldskone tuin, ’n rustige toevlug wat jou elke dag nader aan die natuur bring.

By die voordeur in, betree jy die gerieflike, praktiese kombuis – smaakvol afgewerk met graniet blaaie en ligte kaste wat lig en ruimte uitstraal. Reguit vorentoe en effens links is die ruim sitkamer, met ’n skuifdeur na die tuin – perfek vir natuurlike lig en ventilasie. Oppad na die sitkamer vind jy aan die regterkant die eerste slaapkamer, ideaal vir gaste of as studeerkamer.

Regs van die kombuis is die hoofslaapkamer, rustig geleë vir privaatheid en gerief met baie ekstra kaste vir oorgenoeg pakplek. Net voor jy hierdie kamer betree, is die stylvolle badkamer aan jou linkerkant, volledig toegerus met bad, stort, wasbak en toilet – alles in ‘n netjiese, toeganklike uitleg.

Die huis is smaakvol opgegradeer en bied ‘n wonderlike balans tussen kompakheid en leefruimte – ideaal vir diegene wat wil afskaal sonder om op leefkwaliteit in te boet.

Oordgeriewe en Leefstyl
Die Oog Aftree Langoed is nie net ‘n plek om te woon nie – dit is ‘n leefstyl. Die oord bied:
‘n Warmwater-swembad waar inwoners daagliks kuier of in stilte ontspan tot laat in die aand.
Sorgeenheid, restaurant en winkeltjie op die perseel vir jou gerief.
Naboomspruit is slegs 16 km weg en beskik nou oor ’n Checkers wat 60/60 aflewering bied reg tot by jou deur. Die plaaslike apteke lewer ook daagliks medikasie en maandelikse voorskrifte af.
Gemeenskapsgevoel en Aktiwiteite
Hier leef jy tussen vriende. Die inwoners is soos ’n uitgebreide familie, en die gemeenskap bruis van aktiwiteite:
Daaglikse oefenklasse in die saal: Pilates, stoelpilates, MAP-oefeninge, strekklasse, en lyndans vir beginners en gevorderdes.
Aktiwiteite soos jukskei, putt-putt, voëlkyk, boomidentifikasie, fietsry, draf en natuurstappe in die omliggende natuurreservaat – óf as groep, óf op jou eie met ‘n piekniekmandjie.
Die restaurant en eetarea is gewild vir sy bekostigbare, huislike boerekos waar inwoners saam eet en gesels.
Op die stoep is daar pooltafels, en die restaurant spog gereeld met spesiale aanbiedinge en ’n uiteenlopende spyskaart.

Die Oog gee werklik betekenis aan sy leuse: “Aktiewe Aftrede”

Hierdie woning is ‘n uitstekende belegging in ‘n leefstyl van gemak, natuur, aktiwiteit en gemeenskap. Moet dit nie misloop nie – skakel vandag nog om ‘n afspraak te maak vir besigtiging.

Features:

  • 1 kitchen
  • Kitchen
  • Kitchen
  • Reference Number: BSH-RS00830
  • Property Features: Balcony
  • Outdoor Space Description: Balcony

Location:

Mookgopong, Limpopo Province, South Africa
Listed By Century 21 Bushveld

The Residential For Sale, House located in Mookgopong, Limpopo Province, South Africa is currently for sale. This property is listed for R950,000 ZAR. This property has 2 bedrooms, 1 bathroom and 84 m2. If this property isn't what you're looking for, search Limpopo Real Estate  to see other  Homes For Sale in Mookgopong.

Large Photo